AGS Primrose OosFamiliekerk
Sunday 07:30 · 09:00Sondag 07:30 · 09:00

Our testimonyOns getuienis

A Beacon of Hope’n Baken van Hoop

The Miracle Behind Our Illuminated CrossDie Wonderwerk van Ons Kruis

If you drive past our church at night, you will see a beautifully illuminated cross shining in the dark. But this cross is much more than a landmark — it is a standing testimony of God’s miraculous provision and a reminder that we truly walk by faith, not by sight.As jy saans by ons kerk verbyry, sal jy ’n pragtige, verligte kruis in die donker sien skyn. Maar hierdie kruis is baie meer as net ’n landmerk — dit is ’n lewende getuienis van God se bonatuurlike voorsiening en ’n herinnering dat ons in geloof wandel, nie deur aanskouing nie.

For two months, the vision to erect this cross seemed impossible. Doors kept closing, help was scarce, and the commercial cost was overwhelming. To have it installed professionally would have cost over R100,000, with crane hire alone costing R60,000 just to get on site. But knowing this was God’s plan, we took a step of faith and shared the vision during the Sunday services on April 19th.Vir twee maande lank het die visie om hierdie kruis op te rig, onmoontlik gelyk. Deure het toegegaan en die onkostes was oorweldigend. Om dit kommersieel te laat oprig sou meer as R100 000 beloop het, met hyskraankostes van R60 000 net om op die perseel te kom. Maar met die wete dat dit die Here se plan was, het ons in geloof uitgestap en die visie op 19 April met die gemeente gedeel.

What happened next was an absolute miracle.Wat daarna gebeur het, was ’n absolute wonderwerk.

Immediately following the English service, a couple stepped forward to generously fund the project. What makes their contribution so deeply moving is that the husband is completely blind. Though he has no physical eyesight, he was the first to truly catch the vision for this lit-up cross. God’s vision transcended his physical sight, planting a picture of light in his heart that would soon illuminate our community.Kort na die Engelse diens het ’n egpaar na vore gekom om die projek vrygewig te befonds. Wat hierdie bydrae so diep raak, is dat die man heeltemal blind is. Alhoewel hy geen fisiese sig het nie, was hy die eerste een wat die visie vir hierdie verligte kruis werklik gesien het. God se visie het sy fisiese oë oortref en ’n prentjie van lig in sy hart geplant wat binnekort ons hele gemeenskap sou verlig.

Moments later, after the Afrikaans service, a gentleman in the congregation offered his time and skills to completely build and erect the cross himself. What we could not achieve in two months of striving, God orchestrated in a single morning.Oomblikke later, na afloop van die Afrikaanse diens, het ’n oom in die gemeente na vore gekom en aangebied om die kruis heeltemal self te bou en op te rig. Dit wat vir twee maande lank onmoontlik gelyk het, het die Here in een oggend moontlik gemaak.

The cross was officially unveiled on June 21st. Today, every time it lights up the night sky, it serves as a powerful reminder to our church: God is faithful, He provides for the work He calls us to do, and His light always pierces the darkness.Die kruis is amptelik op 21 Junie onthul. Elke keer as daardie lig nou in die naghemel skyn, is dit ’n kragtige herinnering vir ons kerk: God is getrou, Hy voorsien vir dit waartoe Hy ons roep, en Sy lig skyn altyd in die duisternis.

The testimony, in one minuteDie getuienis, in een minuut

Watch the journeyKyk na die reis

The crossDie kruis

All photosAl die foto’s
Die kruis skyn weer — foto 1 Die kruis skyn weer — foto 2 Die kruis skyn weer — foto 3 Die kruis skyn weer — foto 4 Die kruis skyn weer — foto 5 Die kruis skyn weer — foto 6 Die kruis skyn weer — foto 7

The whole story of the church →Die kerk se hele storie →